Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " koninkryk " deur HENK HAVENGA
" koninkryk " deur HENK HAVENGA [boodskap #86112] Fri, 24 October 2003 03:18
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Henk Havenga

koninkryk

hy wieg vroegaand in sy gunstelingstoel
die vensters en skuifdeur na die tuin wyd oop
'n bonthoutkapper mik-mik op die tuinmuur
na sy aalwynnes in die haakdoring
'n vlieëvanger sit witbors en dikgevreet
op 'n tak en êrens op die dak vloek
'n rooikop verwoed. die tuinlig gloei
reeds van vroeg tussen die varings
en 'n tiptol kom daarop sit. die tuin
is boombruin en groen en nat
die wolke reënpers en wit.

die koning sit tevrede
en luister na paganini for two.
sy onderdane wip voëlvry rond
met 'n lugtige oog op die kat.
Vorige onderwerp: Uit "Die dye trek die dye aan" saamgestel deur Antjie Krog en andere
Volgende onderwerp: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " deur GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 09:02:48 UTC 2024